Die Franschhoek Lentefees is terug!
In die mooiste hoek van die Boland staan ’n monument
waar duisende vriende bymekaarkom.
Onder die berge en bo-op komberse luister ons opregte musiek.
Met ’n bries en stroom word ons weggevoer deur ou liedere, nuwe stemme en ’n Suider-Afrikaanse droom.
Kom drink ’n glasie wyn, ontspan met ’n kombers op die gras en dans onder die hange van Franschhoek se berge. Besoek ’n verskeidenheid uitstekende kos-stalletjies, geniet ’n yskoue bier en kom beleef wat sonder twyfel die perfekte musikale program vir ’n middag in die Bolandson moet wees.
HEKKE: 10:00
11:00 - 1925 Band
12:00 - Deon Meiring
13:00 - Ryno Velvet
14:00 - Koos Kombuis
15:00 - Van Der Aven
16:00 - Emo Adams
17:00 - Spoegwolf
Alle ouderdomme is welkom, maar onder-18's sal toegang tot die kroegarea geweier word. 'n Bewys van ID sal nodig wees.
Geen drank word ingelaat nie. Kinders onder 8 mag gratis inkom.
Alle ouderdomme is welkom. Kinders onder 8 is gratis.
Daar is veilige parkering op die veld langs die Monument in Franschhoek.
Geen eie drank of koeldrank word ingelaat by die fees nie.
Bring jou kombers, stoel en sambreel maar ongelukig geen gazebos nie.